Editor's choiceLocal newsNews

HOEDSPRUIT: Tragiese skietongeluk eis jagter

'n Tragiese jagongeluk het Saterdagaand die lewe van een van 'n groep professionele jagters geëis toe Mossie Mostert (53) noodlottig gewond is

Die groep was, volgens Kol Ronel Otto, provinsiale woordvoerder van die SAPD, vroegaand op ‘n jagtog by Tintshaba op die Maseke wildsplaas, naby Mica, tussen Hoedspruit en Phalaborwa, toe die ongeluk gebeur het.

Die mans was in ‘n dubbelkajuit Toyota Hilux bakkie, twee voor en drie agterop.

Volgens Otto, het SJ Fourie, wat agterop die bakkie was, na bewering na ‘n bosvark gemik toe hy Mostert per ongeluk met ‘n .308 jaggeweer in die agterkop geskiet het.

Mostert was voor in die passasier sitplek. Die koeël het ook die bestuurder van die bakkie, Cristo Koen in die linkervoet getref.

Mostert wat van Hoedspruit afkomstig is, is op die toneel dood.

Fourie (42) wat op die Burgersfort Khumala Game Lodge bly, is na die voorval na die hospitaal geneem nadat hy op die toneel inmekaar gesak het, volgens Otto.

Hy is ‘n diabeteslyer en is volgens Otto, nou in ‘n stabiele toestand en ontvang behandeling.

Hy sal glo in die landdroshof in Phalaborwa verskyn sodra hy ontslaan word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button