Geliefde Chris sterf

'n Bekende inwoner van Tzaneen, Chris Krog, is Sondagoggend oorlede.

Sy dogter, Lizelle van Tiddens, het die volgende huldeblyk geskryf: Chris Krog of soos sy leerders hom jare terug geken het as “Skaffie-Baffel” was ‘n besonderse geliefde onderwyser.

Later het hy ook harte aangeraak in die finansiële bedryf as finansiële konsultant.

Hy was lief vir kuns en het ‘n besonderse talent gehad met fotografie, veral om voëls met sy kamera vas te vang.

Dit is met ‘n hartseer hart dat ons hom moet groet.

Sy plek sal altyd leeg wees en die gemis groot.

Ons vind vrede in die feit dat hy nou pynloos en in ewige vrede by ons Hemelse Vader is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Leona Krog, pa, Attie Krog, broers, Riaan, Alex en Theuns Krog, kinders, Lizelle van Tiddens en Izak van Tiddens, Jeandre Krog, Kotie Krog, Anton Krog en JP Ecroignard en klein kinders, Janko Krog en Kallista Krog.

Sy begrafnis het op Woensdag, 20 April, plaasgevind uit die NG Moedergemeente Tzaneen.

Exit mobile version