Editor's choiceLocal newsNewsSchool sportSport

Vossies verneder gunstelinge

Die Vossies het die afgelope naweek vir groot opskudding gesorg op Emirates Airlink Park, die voormalige Ellispark.

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste span het die afgelope naweek die eer gehad om in Johannesburg op Emirates Airlink Park, die voormalige Ellispark, teen die span van Jeppe Boys High te staan te kom in ‘n voorwedstryd vir die Lions teen die Stormers.

Die Vossies het vir ‘n groot opskudding gesorg toe hulle die hoogs aangeskrewe span van Jeppe met die kous oor die kop huis toe gestuur het.

Jeppe was voor die wedstryd gereken as een van die top 10-spanne in die land en hulle het die jaar al vir Waterkloof, Eldoraigne, Kemptonpark en Queens College gewen.

Verder het hulle ook twee van verlede jaar se SA Skole sterre in hul geledere gehad.

Ben Vorster het die eerste punte aangeteken.

Twee drieë is deur Stefan Engelbrecht en Jannie Jordaan gedruk en albei is verdoel deur Jonathan Viljoen om 14 – 0 voor te loop.

Jeppe het egter teruggeveg en het kort voor halftyd twee drieë gedruk.

Teen halftyd was die Vossies ‘n kort kop voor met 14– 12 .

Die tweede helfte het egter aan die Vossies behoort.

Musi Nyakane het vir Ben Vorster gaan druk en dit is verdoel deur Viljoen.

Hierna het VIljoen vir nog twee strafdoele gesorg voor die Vossies se blitsige heelagter Danny Mokhobane ‘n prag drie gaan druk wat begin het in die Vossies se eie kwart gebied.

Hierdie drie het dan ook die hele Ellisparkse skare op hulle voete gehad.

VIljoen het weer verdoel en die Vossies loop 34 – 12 voor.

Kort voor die einde het Jeppe ‘n troos drie gekry, maar dit was te min te laat en die Vossies het met 34 – 19 gewen.

Van Ben Vorster se ander spanne het op Mussina teen Eric Louw gespeel.

Die tweede span, wat sewe spelers moes afstaan aan die eerstespan, speel gelykop 10 elk teen Eric Louw se eerstespan. Die O/16-B span het Eric Louw se O16-A span 54 – 7 gewen.

Die O15B span wen Eric Louw se O15-A span 12 – 10, en die Vsssies se O/14s het Eric Louw 81 – 0 gewen.

Related Articles

Back to top button