FACEBOOK: Daniel en De Wet ‘soektog-saak’ geopen.

Die soektog na Daniel en De Wet het begin, en jy kan moontlik help om met meer inligting vorendag te kom.

‘Man, ek  sê  jou nou, ek wed jou R10…’

So het ‘n ene Daniel sekerlik byna twee jaar gelede ‘n weddenskap aangegaan met sy moontlike boesemvriend of dalk ‘n wildvreemdeling, genaamd De Wet.

Sosiale media is aan die gons nadat Brenda van Zyl van Vereeniging, ‘n R10 noot as kleingeld ontvang het by ‘n winkel in die dorp,  met die volgende inskrywing op: ‘I Daniel, hereby sign over this R10 to De Wet for losing the bet over Moto GP 27/04/2014.’

Haar dogter, Benita van Zyl het haar ma se soektog dmv ‘n Facebook inskrywing op ‘Waar in die wêreld’ geplaas

Op die blad kan mens ou vriende of families/geliefdes opspoor.

Honderde Facebook-agies volg daagliks die nuuste ontwikkelings oor die soektog op die blad met valk oë.

Volgens Benita gaan dit nie vir haar oor die R10 noot nie.

“Dit gaan vir my oor die sentiment, dit gaan oor die feit dat die twee vriende of dalk net vreemdelinge was.’ Ek is opsoek na die persoon wat op die noot geskryf het, en wil dit graag aan hom terug te gee.’

‘Ek hoop die persoon word opgespoor wat die verhaal agter die storie kan vertel,’ lui Elma Smit,een van die web blad se vriende se inskrywing op die blad.

‘Hou ons op hoogte. Dit sal interessant wees as die persoon gekry word,’ het Jackie Mostert laat weet.

Dit is byna twee jaar nadat die wedenskap aangegaan is, en die R10 noot in die Vaaldriehoek omgewing gesirkuleer het totdat dit in Brenda se hande beland het.

Letaba Herald se ‘ondersoek’ dossier:

‘Mis-wed-daad’ datum: 27 April 2014.

Ondersoek aan-Facebook-hangig gemaak: Brenda van Zyl.

Verdagtes: Daniel en De Wet.

Bewysstuk A: Geskrewe R10 noot.

Die noot waarop die weddenskap geskryf is . Foto: Facebook

Leidraad: 27 April: een van SA se nasionale vakansiedae. Vryheidsdag 27 April 2014. Dit was ‘n ‘n Maandag, wat beteken, dit was ‘n langnaweek.

Motief vir die weddenskap: Moto GP 27 April 2014.

Speurder Google:  Moto Grand Prix, 27 April 2014- Gran Primeo Redbull Dela Republica Argentina. Het  Daniel dalk ‘n weddenskap met De Wet aangegaan, iewers in ‘n sportkroeg  op die vakansiedag, dat, Marc Margue vir Dani Perdosa (beide twee Spanjaarde van die Honde-span) ore gaan aansit?

Ondersoek: Soektog duur voort.

Ons weet wie en wanneer.

Die res van die ‘ondersoekende’ speurwerk moet opgelos word, en die ‘skuldiges’ moet na vore tree en erken en vertel, want almal wil hulle storie hoor.

Honderde ‘nuuskierige-waar-in-die-wêreld-bestaandes’ soek nou berusting en sal graag wil hoor:  “Nee kyk die ‘wed-mis-daad’ het so begin. Eendag nie so lank gelede nie, op daardie einste vakansiedag het…’

Net dan sal dié  Facebook-soek-klag afgesluit kan word.

Net dan: Saak 27/04/2014-afgehandel

Waar in die wêreld kan die De Wet en Daniel hulself bevind?

Noord, Oos, Suid of Wes? Die ondersoek radar is tans ‘n warboel van een-rigtings en Cul-de-Sac’s

As jy deel wil word van die soektog, of oor moontlike inligting beskik tot die opsporing van die twee ‘verdagtes’ volg gerus die  twee Facebook profiele, Waar in die Wereld sowel as Letaba Herald.

Word deel van die ondersoekspan, volg die ‘soektog’ deel jou leidrade. (Alle inligting sal vertroulik deur almal gevolg word.)

Die ‘skuldiges’ sit dalk reg onder iemand se neus.

Al gaan dit net oor‘n  R10 wedenskap iewers in die Vaaldriehoek tussen (vir eers) die onbekende Daniel en De Wet.

 

Exit mobile version