Forelboere neem kennis: nuwe wetgewing op pad

Forelboere en hengelaars in ons omgewing is ongemaklik met nuwe voorgestelde wetgewing wat gaan poog om die forelbedryf strenger te reguleer.

Dié konsepbeleid vir akwakultuur is einde Ferbuarie in die Staatskoerant gepubliseer.

Onder die nuwe wette gaan alle mense wat hierdie visse vir sakedoeleindes aanhou, asook die wat by die verwerking daarvan betrokke is, voortaan eers ‘n lisensie moet bekom.

Volgens Pieter Snyders, van die webwerf Flyloops.net, is forel al lank genoeg in ons riviere en damme dat die ekologie reeds aangepas het.

Volgens Snyders moet studies oor die soort kwessie meer area-spesifiek gedoen word.

“In ons area is aangeplante plantasies veel meer van ‘n probleem vir ons waterweë. Hierdie indringer bome verminder watervloei, verander die suurvlakke en het ‘n effek op insekte wat in en om die water lewe. Die impak van forel op die omgewing is minimaal teen dié van die plantasies. As die forel moet gaan moet hierdie bome sekerlik ook gaan,” het Snyders aan die Herald gesê.

Volgens boere bring die bedryf miljoene die land in en maak dit glad nie sin om met hierdie lonende industrie te peuter nie. Opkomende boere is ook ‘n kwessie; Soos dit is, sukkel nuwe en opkomende boere om hulle volhoubaar in hierdie industrie te vestig.

Om nog struikelblokke by ‘n reeds moeilikheid-besaaide paadjie te voeg, is volgens hulle beslis nie die antwoord nie.

Aan die ander kant is die ekologiese probleem van ‘n indringer spesie wat stadig maar seker besig is om deur die hele land te versprei. Volgens ‘n verklaring op die Departement van Omgewingsake se webwerf is die bohaai oor die voorgestelde wetgewing egter heeltemal oordrewe.

Die Departement meen die voorgestelde wetgewing hou geen gevaar vir die bestaande forel industrie in nie. Voorts beweer hulle die vrese van ‘n wetgewende aanval op die forelbedryf is die gevolge van ‘n veldtog deur die Federation of South African Fly fishers (FOSAF) en TroutSA, asook uitlokkende artikels in verskeie koerante en spesialis tydskrifte.

Ook beweer die Departement dat die beoogde wetgewing geen gevaar vir die bestaande bedryf inhou nie.

Inteendeel, meen die Departement, sal die wetgewing, water wat reeds forel bevat, beskerm teen ander vis spesies wat beter en meer kompeterend as forel aanpas en oorleef.

Die verklaring meen ook dat forel reeds gereguleer word; geen forelplaas kan tans sonder ‘n Provinsiale permit handel dryf nie. So ‘n Provinsiale permit word ook benodig voor ‘n voornemende boer forel in sy rivier of dam kan vestig.

‘n Bekende in plaaslike forel kringe, Ian Cox, het aan die Herald gesê dat dit hartseer is dat die Departement van Omgewingsake se nie werklik ‘n akkurate weerspieëling van die toedrag van sake is nie.

Volgens Cox is daar lankal ooreenkoms bereik op Provinsiale, sowel as Nasionale vlakke, dat die forel waarde-ketting eerder verder ontwikkel moet word in gebiede buite seker bewaringsareas waar dit reeds voorkom. In hierdie dele sal forel nie tot indringerspesie verklaar word nie.

“Daar is reeds ‘n wen-wen plan saamgestel op Provinsiale- sowel as Nasionale vlak, dit het egter nog net nie deurgesyfer na die verskillende beamptes van die onderskeie bewaring- en omgewingsdepartemente toe nie,” het Cox aan die Herald gesê.

Lees meer oor Ian Cox se menig t.o.v. die voorgestelde wette, klik op: TROUT: close co-operation to find a win-win solution

Vir ‘n heerlike trout resep, klik op: Trout recipe

Exit mobile version