Nuwe Springbok afrigter aangewys

Die groot wag is uiteindelik verby. Die nuwe afrigter van die Springbok rugbyspan is pas in Kaapstad aangekondig.

Allister Coetzee is die man wat die Bokke se reputasie as Wêreldbrekers weer in ere sal moet herstel.

Coetzee gaan egter onder heelwat meer druk wees om rasse verteenwoordiging meer gebalanseerd in die groep te kry.

Daar sal bv. van hom verwag word om ‘n minimum van 50% spelers van kleur in sy groep in te sluit.

In die opdraf vyftiental sal die afrigter ‘n minimum van 60% gekleurde spelers moet kies.

Dit beteken dat nege uit die vyftien spelers van kleur sal moet wees.

Nuwe regulasies vereis ook dat die Bok kaptein sy provinsiale rugby in Suid-Afrika speel, wat beteken dat aanspraakmakers soos Duane Vermeulen, Francois Louw en Schalk Burger nie in die ry vir die kapteinskap sal kan staan nie.

Die Leeus se Warren Whitely, die Stormers se Juan de Jongh asook die Vrystater Lood de Jager is van die spelers wat ook die afgelope ruk hul hande vir hierdie leierskap posisie opgesteek het.

De Jongh en Whitely is egter nie seker van hul plekke in die opdraf vyftiental nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version