Local newsNews

So reën dit hier in die Tzaneen area

Die afgelope week se goeie reën is omtrent 'n seëning.

Die wolke het die afgelope ruk weer lekker in die Tzaneen omgewing oopgemaak en die aarde is omtrent met die lewegewende voggies geseën.

Volgens ‘n vinnige peiling onder inwoners Dinsdagoggend, blyk die groot wenner vir die maand tot dusver Magoebaskloof te wees.

Die manne daar op die berg moes omtrent die reënjasse uit die kaste pak met ‘n stewige 630mm wat reeds vir die maand daar gemeet is.

‘n Vriendelike reënmeter eienaar in Makadamia Oord het sedert Donderdag 73mm gemeet terwyl die Lushof/Yamorna area van Donderdag tot Dinsdagoggend 128mm gemeet het.

In Florapark het die hemele van verlede Donderdag tot Dinsdagoggend ongeveer 77mm afgelaai.

Aquapark het ook nie sleg gedoen nie, met ‘n stewige 71mm wat van Donderdag tot Dinsdag gemeet is en in die Broederstroomdrift area is ‘n yslike 90mm slegs vir Maandagaand gemeet.

By Wasingtonia Kwekerty net buite Tzaneen is daar van Vrydag tot Dinsdag ook ‘n gesonde 45mm gemeet.

Tarentaalrand het self van die 12de af tot Maandagaand 330mm gemeet en dan het daar by Montina en Mooketsi 120 mm, vanaf verlede Vrydag tot Maandagoggend geval.

Die plantasies teen Modjadjiskloof het self goed geskep met 170mm wat tussen 18 en 22 Maart daar gemeet is.

Hou gerus oor die loop van die volgende week die Herald se Facebook dop vir ‘n volledige verslag oor die stand van ons damme.

Related Articles

Back to top button