Stem en maak Tzaneen ‘n wenner

Tzaneen is weer eens een van die finaliste as Dorp van die Jaar in Limpopo.

Die kompetisie word jaarliks deur die gewilde Kwêla op KykNet aangebied.

Genestel tussen die mooiste, blouste berge, is net ons natuurskoon ons grootste skat.

Die uitsig oor Magoebaskloof.

Tel daarby al ons ander besienswaardighede, pragtige woonbuurte, voldoende besigheidsentrums en restaurante asook koffiewinkels met watertand geregte en ons kan beslis as ‘n nasionale wenner uit tree.

Die tyd is egter bitter min aangesien stemme reeds Dinsdag sluit.

Daarom het ons die gemeenskap se samewerking bitter nodig.

Jong Tzaneeners baljaar in die Tzaneendam.

Stem vir jou dorp en sorg daardeur dat ons ‘n wenner word!

Sms Tzaneen na 33157. ‘n Sms kos R1.50. Jy mag soveel keer stem soos wat jy wil.

Enige iemand lus vir ‘n shebeen toer? Die sakekamer se jaarlikse shebeen toer word elke jaar met groot geesdrif aangepak.

Bemarkingswaarde van R1miljoen rand sowel as advertensietyd van 30 sekondes oor die dorp asook ‘n groot makietie kom ons kan toe as ons as die nasionale dorp van die jaar aangewys word.

Begin dus stem sodat Tzaneen as die Limpopo finalis kan deurdring na die finaal!

Ondersteun ons pragtige dorp en stem nou!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version