Editor's choiceLocal newsNews

Amanzi beter, steeds nie gesond

Dit gaan vandag bietjie beter met Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC) se nuutste inwoner, Amanzi die olifantjie.

Volgens ‘n bron by die sentrum, drink hy weer aan sy bottel en lyk hy reeds bietjie sterker as wat gister die geval was.

Soos hierdie week in die Herald berig was daar omtrent ‘n gesukkel om die regte formule vir hom in die hande te kry.

Die probleem is egter opgelos en te danke aan ‘n verskeidenheid van weldoeners behoort die formule teen vanmiddag 15:00 in Johannesburg te land.

Dit reis daarvandaan per trok en behoort die gawe mense van HESC (en vir Amanzi) teen moreoggend (Vrydag) te bereik.

Youth for African Wildlife was so gaaf gewees om die onkostes te dek om die formule in Hoedspruit te kry.

Hoedspruit se Pick ‘n Pay het ook hulle deel gedoen deur seker te maak HESC het genoeg voorraad van Amanzi se oorspronklike formule gehad.

HESC is na talle wonderlike skenkings steeds ongeveer redelik baie geld kort om die onkostes te kan dek.

Mense wat nog wil bydra is welkom om die skakel na hul webwerf te volg (https://help.hesc.co.za/) of anders kan hul direk in die Wildlife Conservation Trust inbetaal met “Elephant” of “Olifant” as verwysing.

Hierdie besonderhede is:

Bank: Nedbank

Account name: Wildlife Conservation Trust

Account number: 109 698 7023

Branch: Business Pretoria,

South Africa

Branch Code:

1497 4500

Physical Address:

Menlyn Maine C/O Aramist & Constellation,

Waterkloof Glen

Ext2

Pretoria,

South Africa

Swift code:

NEDSZAJJ

Sorting code:

197865

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button