Droogte keer nie toeriste na KNP

Die Kruger Nasionale Park het vanjaar ‘n rekord getal besoekers gehad ten spyte van die droogtetoestande wat tans heers.

Vir baie besoekers was die situasie ideaal omdat roofdiere soos leeus en wilde honde sterker word met die ooraanbod van verswakte prooi.

Die droogtetoestande lê groot dele van die land lam en die KNP is geen uitsondering nie.

Riviere en damme in die park is so te sê heeltemal opgedroog en is daar min weiding vir die verskeie boksoorte en hul lammers te sien, veral in die Noordelike dele.

Hierdie situasie is egter deur toeriste uitgebuit en hoef besoekers nie verder te soek as die naaste watergat om diere te sien wanneer hul na water kom soek nie.

Roofdiere byt dit ook uit en is daar baie aksie rondom die watergate.

Die veld is ook nie tans so ryg soos wat dit gedurende die reënseisoen raak nie en kan diere makliker raakgesien word op groter afstande.

Die droogtetoestande is egter kommerwekkend en wonder die plaaslike inwoners oor wanneer daar verligting gaan kom.

Weervoorspellings het vanaf November reeds ‘n aantal leë beloftes gebring en is die hele land in afwagting vir die groot reën wat nog moet kom.

Exit mobile version