Local newsNews

Swembad: Dalk lig aan die einde van die tonnel

Tzaneen se publieke swembad behoort volgens Neville Ndlala, woordvoerder van die Groter Tzaneen Munisipaliteit, voor die einde van die maand vir die publiek oop te wees.

Tans is dit steeds ‘n gesukkel om lewensredders aangestel te kry.

Die burokratiese rompslomp van die stelsel, is die grootste uitdaging wat die GTM op die oomblik die hoof moet bied. Volgens Ndlala bestaan daar nie ‘n posbeskrywing vir ‘n lewensredder in die GTM se organogram nie.

Voorts beweer hy ook dat die probleem in die proses is om opgelos te word.

Herald het verlede week berig dat allerlei gerugte die ronde doen oor die redes vir die swembad wat steeds nie oop is nie.

Een hiervan was ‘n elektriese uitdaging wat tydens ‘n skole swemgala opgemerk is.

“Die elektriese uitdaging wat ons by die swembad ervaar het was ‘n nietigheid en is reeds uitgesorteer,” het Ndlala gesê. Die gerugte oor die swembad wat lek is weer deur Ndlala ten sterkste ontken.

Verder is die geskil oor salaris ongelykhede wat die GTM met die unie gehad het steeds nie opgelos nie, hoewel Deloite en Touche reeds daarmee besig is.

Hierdie probleem het ook die aanstel van lewensredders bemoeilik.

Vir meer nuus aangaande die opening van die swembad kan inwoners gerus die Herald se webwerf en Facebook bladsy dophou.

Related Articles

Back to top button