Aansoekvorms voldoen aan vereistes

'n Ontstelde bron (wat anoniem wil bly) binne die Groter Tzaneen Munisipaliteit het aan die Herald twee aansoekvorms vir vakante poste binne die munisipaliteit verskaf.

Die twee verskillende vorms verskil merkbaar van mekaar.

In die een vorm is daar ‘n spasie waar die aansoeker moet aandui of hy/sy ‘n uitvoerende posisie van enige politieke party beklee.

Verder eis die vorm dat die aansoeker sy/haar lidmaatskapnommer ook verskaf.

Die ander vorm maak geen melding daarvan nie.

Na ‘n vergadering met woordvoerders van die GTM, kan die Herald dit duidelik maak dat daar geen onreelmatighede in die aansoekvorms bestaan nie.

Die twee aansoekvorms is vir twee verskillende posvlakke.

Volgens die Wet op Munisipale Stelsels van 2000 (wat in 2011 hersien is) word ‘n munisipale bestuurder verbied om terselfdertyd ‘n uitvoerende pos in ‘n politieke party én ‘n pos in die top strukture van ‘n munisipale liggaam te beklee.

Die vorm wat inligting in verband met politieke affiliasie eis is ‘n manier om seker te maak aansoekers voldoen aan die wet.

Inwoners kan dus gerus slaap dat dit nie ‘n manier is om slegs die lede van ‘n spesifieke politieke party aan te stel nie.

Exit mobile version