Local newsNews

Plaaslike weldoeners vind Marcelle se hondjie

Plaaslik inwoner, Marcelle van Vuuren, wat einde voorverlede jaar haar bene in 'n gru ongeluk verloor het, was amper haar hondemaatjie, Nadia, ook kwyt.

Marcelle het verlede week saam met haar ouers na Pretoria gereis om spesialiste oor haar bene te gaan sien.

Terwyl hulle in die stad was, het Nadia die hond egter die pad gevat en spoorloos verdwyn.

Mense na aan haar en haar familie was omtrent op hol en ‘n dringende soektog is in die strate van Tzaneen van stapel gestuur.

Geen teken van die verlore brakkie is egter gevind nieMettertyd het hierdie vriende van die Van Vuurens besef hulle moet Marcelle in kennis stel van haar verlore metgesel en beskermertjie.

‘n Ontstelde Marcelle het dadelik ‘n beloning van R1 000 uitgeloof en die nuus het soos ‘n veldbrand oor sosiale media versprei.

Inwoners van Tzaneen het soos een man opgespring om te help en sommige mense het selfs hul besighede tydelik toegemaak sodat hul personeel saam kon help soek.

Kort na die beloning uitgeloof is, het ‘n vriendin van die familie (wat nie haar naam bekend wil maak nie) se foon gelui.

‘n Onbekende vrou het haar vertel dat sy die hondjie gevind het en haar beloning wil opeis.

Die vriendin en die onbekende vrou het afgespreek om mekaar op ‘n spesifieke plek in die dorp te ontmoet sodat die hondjie vir die beloning geruil kon word.

By haar tuiskoms later die middag is Marcelle en haar maatjie, Nadie weer herenig.

Volgens Marcelle was sy van plan om die beloning die volgende dag na R10 000 toe op te skuif, sou hul niks gehoor het teen die tyd wat hul tuis gekom het nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button