Editor's choiceLocal newsNews

Seekoei in Phalaborwa raakgery

‘n Seekoei is verlede week in Koperweg, naby Sefapane Lodge raakgery.

Die ongeluk het om omstreeks 04:30 in die oggend plaasgevind.

Die bestuurder van die voertuig was na bewering oppad werk toe, toe die voorval plaasgevind het.

Die seekoei is van agter af getref en het ‘n gebreekde been opgedoen.

“Daar was niks wat enigiemand vir die dier kon doen nie en natuurbewaring moes die seekoei van kant maak,” het Kerry-Lynn Gerber, inspekteur van die Phalaborwa DBV gesê.

Gerber het bygevoeg dat die publiek bewus moet wees dat seekoeie as gevolg van die hitte en droogte nou meer rondbeweeg en dat hulle op hul hoede moet wees wanneer hulle in die aand bestuur.

“Dit is die tweede soortgelyke voorval vanjaar” het Gerber bygevoeg.

Seekoeie word ook gereeld tussen Spar en die wildtuinhek opgemerk en is baie moeilik om snags raak te sien.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button