Editor's choiceLocal newsNews

R27mil vir Warren-bul

Piet Warren se Swartwitpense het hierdie week weer opslae gemaak toe die bot op die bok, Mopanie, op R27mil toegeslaan is.

Die bul, Mopani met horings wat 47 duim meet, is deur BJ Vorster Boerdery opgeraap.

Belangstellendes het van oral gekom om die opwinding te beleef.

“Hierdie soort van geld sit nie in elke ou se sak nie,” het een van die skare gesê.

Die gemiddelde prys vir ‘n bul het uitgewerk op ongeveer R3.3mil en die goedkoopste bul vir die dag het ‘n skamele R50 000 gehaal in teenstelling met die toppryse wat die dag behaal is.

Die totale omset van die veiling was sowat R140 mil.0

“Ons het die katalogus reeds die afgelope drie maande bestudeer, dit is beslis nie ‘n impulskoop om so ‘n dier te koop nie. Ons kyk na die lengte van die horings en al die genetiese inligting wat beskikbaar is. Die bul word dan vir teeldoeleindes gebruik,” het Lynette van Tonder van Loskop Game Breeders in ‘n onderhoud met Phalaborwa Herald gesê.

Die eienaar van Loskop Game Breeders, Henry van Staden het ‘n bul met die beste groei per dag verhouding vir R5mil losgeslaan.

Piet Potgieter, van Hoedspruit het die bot op twee bulle gewen.

“Dis my lewe,” sê Potgieter wat reeds in die omgewing van 300 swartwitpense besit.

“Dit was ‘n goeie veiling en daar is mooi pryse vir goeie kwaliteit bulle gekry,” het Potgieter bygevoeg.

“Ons is baie dankbaar vir die goeie opkoms vir die dag en vir almal wat ons ondersteun en belang stel,” het Christene Warren na afloop van die veiling gesê.

Piet Warren se eerste veiling, 8 jaar gelede het vir die eerste keer 4 bulle in die mark gestel met horings van langer 40 duim.

Hierdie week was daar nie minder nie as 41 bulle verkoop met horings wat langer as 40 duim gemeet het, beslis ‘n prestasie in enige wildsboer se taal.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button