Braai saam met Jan Braai

Vandag vier ons Erfenisdag. Letaba Herald het by Jan Scanell, of beter bekend as Jan Braai, van die gewilde KykNet reeks kers gaan opsteek.

En watter beter manier is daar nie om die dag te vier met ‘n braai nie.

Jan het vir die eerste keer op die ouderdom van 22 begin braai.

‘Voor dit was ek net lief vir braai. Maar toe ek begin werk in ‘n kantoor as ouditeur het braai op ‘n naweek vir my tot op ‘n nuwe vlak van belang gevorder,’ vertel hy.

Hy braai reeds 20 jaar en voor dit het hy net braaivleis geëet wat sy pa gebraai het. En as Jan nie braai nie, smul hy graag aan pizza of sushi of kerrie.

Volgens Jan is die lekkerste plek waar hy al gebraai het langs die die Weskus van Suid Afrika.

Sy gunsteling manier van braai is natuurlik met hout.

‘Houtskool is vir ‘n noodgeval en gas is iemand wat jy nooi na ‘n braai, sê hy tong in die kies.

Sy prima vleis gunsteling om te braai is lams lende tjops. Riboog steak en vars vis.

Jan is nie lief vir marinades nie.

‘Koop eerder sagte vleis. Wat ook baie lekker werk met ‘n steak is om hom bietjie met ‘n hamer te slaan. Top restaurante doen dit, hulle praat net nie daaroor nie,’ verklap hy hulle geheim.

En natuurlik almal se gunsteling bygereg by ‘n braai is daardie braaibroodtjies, en Jan stem 100% saam.

‘Natuurlik braaibroodjies. Wit toast, gebotter aan die buitekant. Binne sit jy kaas, tamatie, uie, blatjang, sout en peper. Braai hulle oor matige kole in ‘n toeklap rooster tot bros buite en die kaas gesmelt is,’

Is die tradisionele, pap en sous en braaivleis maar net nie die beste nie?

‘Ja,’ sê Jan, ‘Ek is baie baie lief vir mieliepap in ‘n potjie. Dit is die grootste nadeel van woon in die Kaap. Hier is nie genoeg mieliepap by braais nie.’

Hy het ook al biltong gebraai.

‘Dit is heel lekker. Maar ek verkies om eerder ‘n biltong en room sous te maak en oor steak te bedien.’

Wat dit vir Jan braai so spesiaal maak is die mense en die staar na die vlamme voor jy jou vleisie oor die kole gooi.

Sy gunsteling persoonlikheid saam wie jy al gebraai het is Bakkies Botha.

LETABA HERALD wou weet hoekom?

‘Want hy weet hoe om te braai, so ek kan rustig sit en ontspan en hoef nie bekommerd te wees oor die vleis nie.’

Hy sal graag eendag saam die president van die VSA, Barack Obama wou braai.

Jan vertel dat hy na ‘n lekker ou lyk.

‘Ek dink hy sal mooi saam met my kan strooipraat om die vuur en ek dink hy sal ook ‘n paar interessante stories hê om te vertel van die goeie ou dae as president van Amerika.

Hy het nog nie in in Tzaneen gebraai nie, alhoewel hy al ons dorp besoek het, maar sê, met die opname van hulle nuwe program vir 2016 kan hulle dalk hier kom draai vir ‘n braai.

Erfenisdag beteken vir Jan dat die dag in die jaar is waar die hele land saam staan rondom vure en ons erfenis vier!

Jan weet nie hoeveel kilometers hulle al in die land afgelê het met die opneem van hulle program nie.

‘Ek het geen idee nie. Heelwat. Die ander goeie vraag is hoeveel hout het ons al opgebrand!?,’ vertel hy.

Behalwe Tzaneen, wil hy graag elke liewe dorp in die land nog besoek.

‘Ek wil nog elke liewe dorp in die land besoek. Dit laat my dink, ek moet ‘n slag ‘n kaart vat en merk waar ek nog nie was nie, dat ek kan begin telling hou.

Is daar dalk ‘n snaakse staaltjie wat gebeur het terwyl hulle iewers verfilm het?

Hy vertel dat daar in die besoekerssentrum van Kimberley se Groot Gat so simulasie is van dinamiet wat skiet.

‘Toe ons deur die toer was het die toergids ons nie gewaarsku daarvan nie. Ons stap toe rustig in ‘n tonnel onder die grond en die volgende oomblik is dit soos ‘n bom wat ontplof. Dis nie regtig nie, dis maar net ‘n luidspreker. Ons een kameraman het hom letterlik flou geskrik! ‘n Ander keer het ons met ‘n lugbalon gevlieg en die goed bestuur mos maar lomp. Ons land toe binne in ‘n groot dam en moes inderhaas al die kameras en goed bo ons koppe hou todat die loods weer meer warm lug in die balon kon sit en ons verder kon vlieg.’

As jou vuur nie wil vlam vat nie, wat staan jou te doen?

”n Hele pak vuuraanstekers.’

Ons het aan Jan ‘n misterieuse-denkbeeldige mandjie vir braaidag gegee met: Porkbelly, skaaptjops, mielies, mieliemeel, couscous, stampmielies, aartappels, kondensmelk, aarbeie, nodige speserye, worchestershire sous, mayonnaise, appelkooskonfyt, chutney, brooddeeg, smeltsjokolade, suurlemoene, tamatie en uie en vars kruie. Ook sosatie stokkies en hoenderlewertjies en hoendermagies. Al die potte, panne, braaivleis gereedskap is reg. Daar is hout, gas en houtskool beskikbaar.

En sy antwoord wat hy gaan opdis?

‘n Eenvoudige vinnige antwoord, net wat jy verwag van die braaikoning in Suid Afrika.

”n Feesmaal.’

Steek daardie vure aan, gooi jou tjoppie op die kole en vier Erfenisdag so eg Suid Afrikaans as wat jy kan kry, en braai!

Exit mobile version