Editor's choiceLocal newsNews

VIDEO: 4 meter luislang gevang en vrygelaat in Tarentaalrand

Werkers van 'n plaas in die Tarentaalrand omgewing, het 'n onaangename verrassing gekry, toe hulle op 'n luislang, van by die vier meter lank, afgekom het terwyl hulle besig was om lemoene te pluk.

Soos wat in baie gevalle gebeur, was Raymond Rees van Kill-A-Bug net ‘n oproep ver en hy het hulle kom help deur die slang te vang om dit weer elders te gaan vrylaat.

Rees en sy span se naam (Kill-A-Bug) mag dalk effens misleidend wees, aangesien hulle nie noodwendig ongewenste diere doodmaak nie, maar eerder verkies om hul weer in die bos te laat gaan.

In hierdie geval, het hy die slang by ‘n kennis op die Eilandpad gaan vrylaat. Volgens Rees is lede van die publiek meer as welkom om hom te skakel by 073 166 3651 sou hul in ‘n ongewensde dierasie vasloop.

“Ek werk ook gereeld met kinders van landelike skole, in ‘n poging om hulle te leer hoe belangrik slange vir ons ekosisteem is, sodat hulle my eerder bel as om die slang voor die voet dood te maak,” het Rees gesê. Verder het hy bygevoeg”Mense moet ook nie met die slange peuter nie en kinders weg hou. Dis ook ‘n goeie idee dat iemand net van n veilige afstand af ‘n oog hou op die slang tot ons opdaag. Dit maak dit net makliker en veiliger vir ons,” aldus Rees.

Hierdie was die tweede luislang in net minder as ‘n week en ‘n half wat Kill-A-Bug gaan vang het vir mense.

Rees het ook die mense van Bushvalley Plaas bedank vir hul bewaringsgesinde uitkyk.

 

Kyk hier na die video:

Related Articles

Back to top button