Munisipaliteit het water om te mors

Na afloop van Agri Limpopo se maandelikse vergadering, het Herald bietjie in die strate gaan rondry, om te kyk of die munisipaliteit werklik so ernstig is oor waterbesparing, soos hul van plaaslike boere verwag.

By die ou industriële gebied, is ‘n brandkraan waar die munisipale watertrokke gaan volmaak.

Die kraan lek, is bykans altyd oop en die water stroom heeldag straat-af. Die lekkende brandslang vererger sake ook.

Toe Herald op die toneel kom, was daar juis ‘n trok wat besig was om water te tap.

By navraag het die bestuurder gesê sy werk is nie om die kraan of die brandslang reg te maak nie, maar slegs om water in sy trok te tap.

Op die fotos kan mens nie werklik sien hoe sterk die stroom water loop nie, maar Herald was voorbereid en het, soos op die fotos sigbaar, met die nodige toerusting opgedaag om stroomsterkte visueel te kan bepaal.

Tydens die fotonemery het die trok bestuurder die hasepad gekies na hul kantore om te gaan kla.

Herald het met Neville Ndlala, woordvoerder van die Groter Tzaneen Munisipaliteit gaan gesels oor wat die Munisipaliteit aan die saak kan of gaan doen.

Volgens hom was hy was nie bewus van hierdie vermorsing nie en en gaan dadelik werk daarvan maak.

Exit mobile version