Onderwater polisie – ondersoek duur voort

Die polisieman wat agter die stuur gesit het van die polisievoertuig wat onlangs naby Letaba Landgoed in die water beland het, gaan waarskynlik vervolg word.

Volgens Kol. Ronel Otto, Provinsiale Woordvoerder van die SAPD, is sy bloed na die ongeluk getrek en ‘n dossier is reeds geopen.

“Ons is reeds besig met ‘n ondersoek van roekelose en nalatige bestuur en beskou hierdie voorval in ‘n baie ernstige lig. Ons sal nie huiwer om op te tree sou die beampte skuldig blyk te wees nie,” het Kol. Otto gesê.

Die voertuig was, soos twee weke gelede deur die Herald berig, onderweg na Ritavi nadat hulle gevangenes in Malamulele gaan aflaai het.

Spoed en drank was vermoedelik die gevaarlike en onwettige kombinasie, wat hierdie dienaar van die gereg gesink het.

Exit mobile version