Local newsNews

Bond vir oud SAPD lede hou jaareind

Die Bond vir oud SAPD lede hou op 14 November hul eindjaar funksie by Kojeka.

Die funksie sal teen 16:00 afskop.

Herald het bietjie met van die lede gaan gesels om meer agter die kap van hul polisie-byl te probeer kom.

Die Bond is ‘n sosiale en maatskaplike inisiatief. Die lede staan mekaar by tydens persoonlike uitdagings soos byvoorbeeld siekte en dood.

Hul werk hard daaraan om onderlinge kameraadskap, harmonie, vriendskap, hulpverlening en gemeenskaplike belangstelling tussen die Bond se lede te handhaaf en bevorder.

Die Bond maak dit sy werk om te kyk na die welstand van sy lede en hou onder andere ‘n wakende oog oor kwessies soos lede se pensioen en mediese voordele, asook enige ander belange wat die hoofbestuur van tyd tot tyd mag identifiseer.Een maal ‘n polisieman, altyd ‘n polisieman.

Vriende van die Bond (lede) sluit in afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens, Reserviste, sowel as administratiewe personeel wat in die Letaba area werksaam was, asook lede wat elders in Suid-Afrika gedien het, maar nou in die Letaba streek woon.

Die Bond vir Oud Polisie Beamptes is ‘n nie-winsgewende organisasie, wat in terme van die bestaande wetgewing geregistreer is.

Daar is tans 39 takke landwyd. Hoewel die Bond geensins die soort organisasie is wat bakhand rondloop nie, is lede van die publiek welkom om hulle te kontak met geldelike borgskappe en/of skenkings.

Hierdie manne het jare lank na die veiligheid en welstand van die land omgesien en dis niks minder as reg dat die gemeenskap iets terug gee nie.

Lede wat belangstel om die eindjaar funksie by te woon en lede van die publiek wat graag wil terug gee deur middel van ‘n borgskappe of skenkings is welkom om Kobus Pienaar te skakel by 082 808 3130 of vir Thinus Nel by 083 631 2974.

Die Bond doen ‘n beroep op alle lede en oud lede van die SAPD om hierdie geselligheid te gaan ondersteun en geniet.

Related Articles

Back to top button