Local newsNews

Munispale werkers se planne werk nie

Tzaneen Munisipaliteit se werkers maak van die verkeerde metodes gebruik om slaggate reg te maak.

Herald het ‘n tyd gelede ‘n oproep van plaaslike sakeman, Ivan Barnes van Hydraulic Services, ontvang.

Barnes was ontsteld oor die wyse waarop werkers van ons plaaslike munisipaliteit, gepoog het om slaggate voor sy besigheid reg te maak.

Die regte manier (volgens ‘n handleiding deur die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing uitgereik), is om eers die slaggat behoorlik skoon te maak en dan met ‘n mengsel van bitumen en grond op te vul.

Hierdie vulsel behoort effens meer as slegs die oppervlak van die slaggat te dek.

Die vulsel moet goed vasgestamp word, anders lek dit water en na die eerste volgende reën wat val, druk die water die bedekking van onder af weg, wat net nog ‘n slaggat veroorsaak.

Volgens die handleiding help dit glad nie om slegs grond, of oorwegend grond, as ‘n vulsel te gebruik nie.
Barnes beweer die munisipale werkers het die slaggate slegs met grond gevul en dan bloot ‘n dun lagie bitumen daaroor gegooi, waarna hul heen-en-weer met ‘n munisipale trokkie oor die reggemaakte slaggate gery het in ‘n poging om dit vas te stamp.

Teen die tyd wat Herald die straat bereik het, was die munispale werkers reeds weg, maar die tekens van hul handewerk was steeds daar vir enigiemand om te sien.

Die gate was slordig gevul en die bitumen-grond mengsel was baie los.

Herald het in die strate van Tzaneen gaan rondry tot die span werkers opgespoor is waar hul besig was om aan nog slaggate te werk.

By Herald se aankoms het hulle verkies om nie enige antwoorde te verskaf nie en eerder die pad gevat.

Aan die inhoud van die munisipale trokkie se bak was dit egter duidelik dat oorwegend grond gebruik is om die slaggate reg te maak.

Teen druktyd kon Herald steeds, na herhaalde probeerslae, geen kommentaar by die munisipaliteit kry nie.

Related Articles

Back to top button