CrimeEditor's choiceNews

Naweek misdaad vier hooggety

Die afgelope naweek was die misdaad duiwel weer op vrye voet in die Tzaneen omgewing en inwoners het behoorlik deurgeloop.

Discount Furniture, in Morgan straat, se groot ruit is Vrydagaand uitgeslaan en die inbrekers is weg met ‘n plasma TV.

Hoewel hierdie nie deel uitmaak van Northern Sekuriteit se area nie, was hulle weer van die eerste mense op die toneel.

Vrydagaand is daar by ‘n huis in Johan Coetzeestraat ingebreek.

Die diefwering is geknip terwyl die inwoners tuis was en goedere is uit die huis gesteel.

Saterdagaand was dit ‘n huis in Douglasstraat se beurt.

Skootrekenaars, kameras en ander elektroniese ware is gesteel terwyl die inwoners geslaap het.

Volgens Marius Jacobs, van Northern Sekuriteit, vermoed hulle dieselfde mense is vir beide die inbraak in Morganstraat, sowel as die een in Douglasstraat, verantwoordelik.

Dieselfde modus operandi is tydens albei inbrake gevolg.

Volgens Jacobs breek diewe selde deesdae ‘n venster om toegang tot ‘n huis te verkry.

Die geraas wat met brekende glas gepaard gaan skrik hulle af.

Hulle verkies om hul teiken huis se diefwering te knip en sodoende toegang op ‘n stiller manier te verkry.

Mense word gemaan om hul vensters toe te maak en seker te maak die vensterskroef is vas.

Sondagaand het inbrekers by die Maake Plaza op die Lydenburg pad toegeslaan.

Ten spyte van gewapende wagte en palissade heinings, kon inbrekers steeds daarin slaag om by Jetmart en Ackermans deur albei winkels se plafonne toegang te verkry.

By Ackermans is al die telefone in die winkel gesteel. Jetmart moet nog voorraad tel om uit te vind wat alles vermis word.

By Doringhoek, naby Tzangeni, is daar by ‘n voertuig ingebreek en gereedskap is van ‘n huis se stoep af gesteel.

Dit is tans nog onbekend of daar iets uit die voertuig gesteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button