EGK hou wederkomsdienste

Die Evangelies Gereformeerde Kerk (EGK) van Tzaneen, nooi graag enige belangstellendes uit om hul reeks boodskappe oor Bybelse profesieë by te woon.

Hierdie Wederkomsdienste vind, vanaf 30 Augustus tot 3 September, by die Evangelies Gereformeerde Kerk van Tzaneen plaas.Die dienste beloof om boeiend, sielsvoedend en lewend te wees. Die boodskappe word ook op ‘n veelkleurige kaart geillustreer.Matt. 24:33 – “So weet julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien dat dit naby is, voor die deur.”Inwoners van Tzaneen word genooi om hul kennis en geestelike lewe, deur hierdie uiters interessante reeks te gaan verryk.Daar is min dinge so opwindend soos ‘n studie van Bybelse profesieë.Matt. 24:32 – “En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat somer naby is.”Volgens Ds Hendrik J van Rensburg, leraar van die kerk, is die vervulling van Bybelse profesieë een van die talle bewyse dat die Bybel die Woord van God is.”Bybelse profesieë kan beskryf word as God se plan met die wêreld vir die toekoms. Dit vertel die wêreldgeskiedenis vooruit en dit is absoluut korrek en betroubaar,” aldus Ds Van Rensburg. Matt. 24:7 – “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander en daar sal hongersnode weesen pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.”Die publiek word genooi om te gaan ervaar hoe die Bybel werklik ‘n lamp vir ons voete en ‘n lig vir ons pad is, in hierdie post-moderne 21ste eeu waarin ons lewe. Matt. 24:13 – “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.”Vir meer inligting kan Ds Hendrik van Rensburg geskakel word by 0823225430.

Exit mobile version