Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen ‘n nuwe getekende CD van Juanita du Plessis

Nou is jou kans om in te skryf vir LETABA HERALD se foto kompetisie om die nuwe CD van Juanita du Plessis, 'Toe staan die wêreld stil' te wen. En dit is persoonlik deur haar geteken.

Die bekende Juanita du Plessis het vroeër vanjaar haar splinternuwe musiekvideo in Tzaneen en omliggende dele geskiet.

Juanita en haar span van 20 het in daardie stadium tuisgegaan by die lieflike Letaba River Lodge net buitekant Tzaneen.

Hulle het tyd gekry om veral met die klein roofdiere soos leeus, hiena’s en tiere te speel en te vertroetel. “Die diertjies het my hart aangegryp en dit vir my so onwerklik gevoel om sulke noue kontak te hê met diere wat mens oor die algemeen vrees. Hulle is bitter oulik en baie liefdevol”, het Juanita gesê.

“Tzaneen is bekend vir die skoonheid van die omgewing en ons het dit goedgedink om hier te kom skiet, want dit pas ons storielyn soos ‘n handskoen en die mense van Tzaneen het dadelik ingespring en gehelp”, ‘n reuse pluimpie vir Tzaneen meen die vervaardiger, Ruan du Plessis. “Ons sal beslis graag weer wil kom kuier!”

Juanita het twee dae geskiet aan die musiekvideo en die span van BlueSlipStream Productions het gebruik gemaak van plekke soos Cheerio Gardens, Debegeni Waterval en Wegraakbosch Kaasplaas. Daar is ook ‘n spesiale verskyning deur een van die leerlinge van Hoërskool Merensky, Nane van Wyngaardt, gemaak as die prinses in die video.

Die video het teen die begin van April op die televisiekanale soos Kyknet verskyn.

Daar is van Juanita se nuwe albums aan André de Lange gegee is wat nou  uitgeloof word aan lesers van Letaba Herald.

SO WAT STAAN  JOU TE DOEN?

Ons soek twee foto’s! So maklik soos dit.

Stuur een foto waar jy Letaba River Lodge besoek het en jy saam met een van die diere daar afgeneem is, soos hieronder:

'n Besoeker onlangs by Letaba River Lodge.
‘n Besoeker onlangs by Letaba River Lodge.

Die tweede foto moet ‘n selfie wees waar jy besig is om LETABA HERALD se webtuiste te lees, soos hieronder:

Bertus de Bruyn, nuusredakteur en joernalis en Magda de Jager, grafiese ontwerper en produksie bestuurder van Letaba Herald.
Bertus de Bruyn, nuusredakteur en joernalis en Magda de Jager, grafiese ontwerper en produksie bestuurder van Letaba Herald.

Plaas die foto’s dan op LETABA HERALD se Facebook blad. Plaas die foto’s onder kommentaar.

Onthou jou kontak nommer.

Die kompetisie sluit 25 September.

So waarvoor wag jy nog, besoek Letaba River Lodge, en besoek ons website vir daardie selfie!

Ons wag in spanning.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button