CrimeEditor's choiceNews

OPVOLG: Gesin bedank rolspelers na Agatha inbraak en verkragting

Dit gaan onder omstandighede goed met die huishulp wat verkrag is tydens gister se huis inbraak in Agatha en die gesin bedank graag al die rolspelers.

20 Augustus-14:00

‘Dit gaan onder omstandighede beter met ons huishulp, alhoewel sy geweldig getraumatiseer is en ons haar bystaan soveel en sover ons kan. Sy was reeds vanoggend by die sielkundige,’ luidens Niel Hanekom en gesin by wie daar gister helder oordag ingebreek is en hulle huishulp tydens die roof verkrag het. 

Die gesin wil graag die volgende persone bedank na die inbraak by hulle huis in Agatha: ‘Marius Jacobs van Tzaneen Watchdog en Fred Drake van Diggers Rest, Renet Whelan (Avuxeni) en Francois Malan wat uit hul pad gegaan het om te help met sekuriteit en beveiliging. Dit word opreg waardeer. Baie dankie aan Letaba Herald vir die spoedige beriggewing op julle webtuiste  en vir die waarskuwing aan die res van die gemeenskap. Die blitsige reaksie van die Polisie, die taakspanne, helikopter en veral Northern Security. Dit was ongelooflik en hou ons baie styf duime vas dat die rowers blitsig aangekeer word. ‘

Rerig dankie vir die omgee-gemeenskap – dis ‘n voorreg om deel daarvan te kan wees,’

Om na die foto gallery van die geplunderde huis te kyk op Letaba Herald se webtuiste, klik op: https://tinyurl.com/oe23d7z

Kyk ook na die video van die soektog na die rowers hier onder.

19 Augustus-14:02

Volgens Neil Hanekom, huurder van die huis waar daar ingebreek is, het twee gewapende rowers omstreeks 09:00 vanoggend toegeslaan.

SAPD helikopter opsoek na die verdagtes in Agatha. Foto's: Bertus de Bruyn
SAPD helikopter opsoek na die verdagtes in Agatha. Foto’s: Bertus de Bruyn

Hanekom het eksklusief aan die Herald vertel, sy huishulp het hom net voor 09:00 gebel om hom in te lig dat die krag af is.

SAPD helikopter van Polokwane.
SAPD helikopter van Polokwane.

Kort daarna het die eienaar van die plaas waar hy huur, hom gebel met die nuus van die inbraak.

Die huurder van die plaashuis, Niel Hanekom kyk hoe die soektog voortgesit word.
Die huurder van die plaashuis, Niel Hanekom kyk hoe die soektog voortgesit word.

Sy het hom voorts ook vertel dat sy huishulp deur die rowers vasgebind en daarna verkrag is.

Hanekom het dadelik die SAPD sowel as Northern Sekuriteit geskakel.

Kyk hier na die video van die soektog met die helikopter:

 

Lede van die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye, was ten tyde van die voorval, by ‘n gemeenskapsforum vergadering betrokke.

'n SAPD lid hou die soektog dop.
‘n SAPD lid hou die soektog dop.

Die nuus is van daar blitsig versprei en die SAPD se honde eenheid, sowel as ‘n polisie helikopter (van Polokwane af), was binne minute op die toneel.

Teen die tyd dat Herald die toneel bereik het, was die helikopter en die honde steeds besig met hul soektog na die verkragters.

Die rowers het gevlug met ‘n DVD speler, DVD’s, skootrekenaar, slimfoon, tekkies, werkskoene en stewels. Baie klere, juwele, parfuum en kos meer.

Liezl Wagenaar

'n SAPD lid en een van Northern sekuriteit se gewapende reaksie lede.
‘n SAPD lid en een van Northern sekuriteit se gewapende reaksie lede.

 

Plaaslike SAPD lede werk nou saam met Northern Sekuriteit in die soektog na die beweerde verkragters. Foto: Bertus de Bruyn
Plaaslike SAPD lede werk nou saam met Northern Sekuriteit in die soektog na die beweerde verkragters. Foto: Bertus de Bruyn

 

Related Articles

Back to top button