OPVOLG: Gas tekort voorlopig iets van die verlede

Die erge plaaslike tekort aan LP Gas van verlede week, behoort tydelik iets van die verlede te wees.

Volgens Zirk Buys junior, eienaar van Gasman in Tzaneen, het die eerste aflewering hulle verlede naweek bereik.

Maandag kon hulle die mense op hul waglys help, asook lede van die publiek, wat nuwe bestellings gaan plaas het.

Hoewel Gasman hierdie Dinsdag nog die publiek in ‘n mate moes rantsoeneer, blyk daar lig aan die einde van die tonnel te wees.

Buys het Dinsdag aan die Herald gesê hy verwag ‘n klein aflewering teen die middag, opgevolg deur ‘n grote teen Woensdag.

Volgens hom is meeste van die verskaffers in die Limpopo-streek heel tyd in kommunikasie met mekaar, om sodoende te probeer sorg dat verdere tekorte nie die verbruiker so hard sal slaan nie.

Exit mobile version