Verhoog ontplof met nuwe talent

TYDENS die Pop-Ups, Hoërskool Merensky se jaarlikse talentaand, het die verhoog behoorlik ontplof met 'n verskeidenheid nuwe talent.

Op Woensdag 29 Julie is die gehoor in ‘n stampvol saal op vyf en twintig dans, sang, drama en instrumentale items getrakteer.

Drie beoordelaars het verskeie toekennings onder luide toejuiging gemaak.

Die beste item, asook gehoorgunsteling is toegeken aan John Slabber, die graad 10 vuurdanser.

In die solo vokale afdeling het die nuweling, Danzi Ivy harte gesteel met haar opregte vertolking van die gewilde Fight Song.

Kesia Pohl en Hayley Stephenson stap weg met die duet toekenning.

Adam, Thato, Maphuti en Tswiarelo bekoor met hul a-kapella weergawe en wen die groep vokale afdeling.

Die kontemporêre dans duet toekenning gaan aan John-D Ball en Rentia Snyman.

‘n Belowende kitaarspeler, Rudolph Beetge word aangewys as die beste solo instrumentalis.

In die instrumentaal en vokaal afdeling maak Adam Mohale en Mpho Mofokeng skoonskip.

Die duo instrumentale toekenning word gewen deur Angie Nel en Alicia Prinsloo.

In die drama-afdeling stap Mynhardt Bouwer weg as wenner.

Op Donderdagaand 30 Julie tydens die gala aand, is die uitgelese gehoor beïndruk met die sestien beste items soos aangewys deur die beoordelaars.

Plasieland sien uit na volgende jaar se talent-oes.

Exit mobile version