Ek is niks sonder my maat

DARIUS Geldenhuys voel so oor sy ideale VROU:

Ek wonder soms waar en wat sou ek gewees het sonder my VROU… my HELPER.

In die Bybel word daar gepraat van jou ”HELPER”, dit is verseker wat SY is, sonder HAAR kan jy nie.

‘n VROU is iemand wat jou moet bystaan deur die slegte en goeie tye. Iemand op wie jy kan staatmaak, SY moet betroubaar wees. SY is iemand wat eerlik en opreg moet wees. Iemand wat vrede bewaar. SY moet goeie waardes hê en iemand wees op wie jy kan vertrou. Iemand op wie jy kan trots wees, iemand met wie jy die vrymoedigheid het om enige iets te deel. Iemand wat nie ander sleg sê nie, opbouend is en net die goeie in jou en ander raak sien. Dit voel amper asof ek die eienskappe van ‘n beste vriend beskryf….Is dit tog nie wat SY is of moet wees nie? Ja, jou pel, jou vriend saam wie jy rugby kyk, jag, gym, huil, lag en ‘shop’ om saam die lewe te geniet. Dit is hoe ek my VROU sien. Ek het ook die volgende paar goedjies geleer van ‘n VROU. ‘n VROU soek sekuriteit, wil met respek behandel word, soek onverdeelde aandag en jy moet kan multi task en ‘n baie baie baie goeie luisteraar kan wees, moenie jaloers wees nie, veral as jy sien ‘n ander man kyk vir haar en laat HAAR bietjie ongemaklik voel…vat HAAR hand dan sommer net nog stywer vas, knip vir jou VROU dan oog of soen HAAR dan sommer net daar en dan en laat almal rondom haar sien. SY is joune, ‘SHE’ is taken en doen dit in ‘n goeie gesindheid sonder om kwaad te word, loop eerder dan breë bors weg en met trots langs HAAR en voel goed want SY is langs jou, aan jou sy.

Goeie eienskappe vir my wat uitstaan in ‘n VROU is dat SY goed na HAARSELF moet kyk, na haar voorkoms, hakke moenie skurf wees nie, naels en hare moet goed versorg wees, volg ‘n gesonde dieet, selfvertroue hê en weet wie SY is in Christus en haar eie identiteit hê, SY moet dinamies en gelowig wees en staan vir wat reg is. Manne, bemin jou VROU, beskerm haar en bid vir HAAR en laat voel HAAR dat sy waardevol is en behandel haar met respek, want SY verdien dit. Ilona, dankie dat JY my helper en my beste vriend is, sonder JOU, kan ek nie.

Exit mobile version