Melissa sê dankie

Melissa Strydom skryf: Ek wil graag dankie sê aan Tzaneen gemeenskap vir elke oproep, sms en Facebook boodskappe van bemoediging en goeie wense tydens klein Tommie se operasie. Woorde is min, maar weet dat ons dit uit ons harte uit waardeer het. Dr Mol het op 6 Julie by die Unie Hospitaal in Alberton ‘n …

Melissa Strydom skryf:

Ek wil graag dankie sê aan Tzaneen gemeenskap vir elke oproep, sms en Facebook boodskappe van bemoediging en goeie wense tydens klein Tommie se operasie.

Woorde is min, maar weet dat ons dit uit ons harte uit waardeer het.

Dr Mol het op 6 Julie by die Unie Hospitaal in Alberton ‘n stuk kraakbeen in die 5mm gat in die oordromvlies ingeplant.

Tommie moes vir ‘n week aansterk in die Alberton omgewing weens die lugdruk verskil tussen daar en Tzaneen.

Op Maandag 13 Julie na ‘n doktersafspraak waar 3 steke uitgehaal is, het ons die lang pad huistoe geneem.

Ons het Vrydagoggend vroeg deur gejaag terug Alberton toe, waar die dokter bevestig het die kraakbeen is nie meer sigbaar is nie.

Die operasie was dus onsuksesvol.

Baie dankie vir elke Tzaneener wat ons in hul gebede gedra het, ons waardeer dit oneindig baie.

Ek gaan pa-staan vir die tweede operasie se onkostes deur middel van eiendomsverkope by Century 21 Tzaneen kantoor, indien enige persoon eiendom wil koop of verkoop, kan hulle my gerus direk skakel by 078 621 7405.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version