Local newsNews

Kaskar resies om die draai

Die NG Kerk Letsitele bied op 1 Augustus hul jaarlikse kaskar by Laerskool Dr Annecke aan.

Met Miami Canners as vanjaar se hoofborg, kan besoekers uitsien na ‘n dag vol heerlike bederf en vele aksie.

Die teetuin beloof om soos in die verlede nie teleur te stel nie, met ‘n lekker ontbyt, sowel as tuisgemaakte gebak vir die soettande.

‘n Verskeidendheid van ander kossoorte soos, pannekoek, boerewors rolle, “chip-stick”, pap en kaaiings en nog meer sal sorg dat die honger magies gevul bly.

Kleuter-, laer- en hoërskool kaskar wedrenne sal sorg vir hope aksie, terwyl die SAVF trompoppies besoekers sal vermaak met ‘n skouspelagtige vertoning.

Vars vrugte en groente, biltong, sowel as die bekende winskoopwinkel sal seker maak dat besoekers nie met leë hande hoef terug te gaan huis toe nie.

Moet dit nie misloop nie. Gaan ontspan en geniet ‘n heerlike dag saam met hulle!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button