Bespreek nou vir shebeentoer

Die baie gewilde jaarlikse Tzaneen Sakekamer Shebeentoer, in samewerking met SA Brouerye, vind volgende Donderdag (16 Julie) plaas.

Daar is slegs sowat dertig kaartjies oor en die koste beloop R250 per persoon. Slegs 60 persone kan die toer meemaak. Verskeie shebeens in die omgewing word besoek en die hoogtepunt is ‘n tradisionele aandete by een van die shebeens.

Die Sakekamer en SA Brouerye bied nou reeds vir die agtste agtereenvolgende jaar die shebeentoer aan en dit groei jaarliks in gewildheid.

Die koste sluit bier, vervoer en die ete in. Alle gaste wat die toer meemaak moet om vyfuur by die skougronde bemekaar komn vanwaar die bus vertrek. Die bus vertrek stiptelik om halfses (17:30) van die skougronde af en kaartjiehouers wat nie betyds is nie, mis die toer.

Besprekings gaan gepaard met betaling. Om te bespreek en te reel vir betaling kan Yolandi geskakel word op (015) 3075-5050 of 079 228 1001 of stuur ‘n epos na Yolandi@herald.co.za.

Die doel van die toer is om beter verhoudings met omliggende gemeenskappe te bou tot voordeel van almal.

Exit mobile version