Plasies beplan eerste interne jeugskou

Sake by Agri-Merensky is in rep en roer, aangesien 'n baanbreker mini-skou op 1 Augustus te Plasieland plaasvind.

Daar is drie kategorieë waarin leerlinge kan kompeteer: Vleisbeeste, vleisskape en vleisbokke.

Alle leerlinge, van so jonk as 10 jaar, kan inskryf om deel te neem aan hierdie unieke geleentheid. Daar is verskeie ouderdomskategorieë waarin hulle sal kompeteer.

Teen slegs R100 per persoon, wat ‘n pet en T-hemp insluit, is dit vir almal met boerderybloed in hul are ‘n geleentheid om nie te mis nie.

‘n Spesiale opleidingsessie met skape en bokke word op 27 Julie by Limpopo Melkery in Louis Trichardt gereël. Busgeld beloop R100.

Enige belangstellendes word versoek om met Christelle van der Westhuizen in verbinding te tree by 072 570 1712.

Exit mobile version