Editor's noteLocal newsNews

Situasie by Letaba onaanvaarbaar

Die situasie by Letaba Hospitaal, waar pasiënte gesterf het na 'n kragonderbreking en daar nie brandstof in 'n kragopwekker was nie, is kommerwekkend en verwarrend.

Dit klink of verskillende partye verskoning soek vir die situasie. Dinsdagoggend is daar oor die radio beweer dat die uitslag van die pasiënt se dood, na ‘n lykskouing, natuurlike oorsake was.

Die familie ontken dit. Daar is eers beweer drie pasiënte is dood. Nou is dit glo net een.

Feit van die saak is, sulke goed moenie gebeur nie! In geen hospitaal nie! Gesondheid en die welstand van pasiënte in hospitale moet prioriteit wees, hetsy ‘n privaat of staats hospitaal.

Die vakansie het aangebreek en vanselfsprekend gaan daar ‘n verkeerstoename wees en noodgedwonge ongelukke.

Geniet die vakansie, maar ry versigtig en kom veilig terug.

Related Articles

Back to top button