LettersLocal newsNewsOpinion

Kruisings nie veilig

Melanie Buitendag van Tzaneen, skryf: Tzaneen se vierrigting stopstrate is deesdae lewensgevaarlik. Mens moet dubbel seker maak dat wanneer dit jou beurt is om te ry, jy nie onderstebo gery word deur een of ander idioot wat nie weet wat STOP beteken word nie en heel moontlik dink dit staan vir ‘Sit Toon Op Petrol’. …

Melanie Buitendag van Tzaneen, skryf:

Tzaneen se vierrigting stopstrate is deesdae lewensgevaarlik. Mens moet dubbel seker maak dat wanneer dit jou beurt is om te ry, jy nie onderstebo gery word deur een of ander idioot wat nie weet wat STOP beteken word nie en heel moontlik dink dit staan vir ‘Sit Toon Op Petrol’.

Selfs al is daar nie druk verkeer nie, kan mens nooit seker wees dat ‘n aankomende voertuig wel gaan stop nie.

Ek was reeds verskeie kere in ‘n situasie waar die ander voertuig wat ‘n stop-teken verontagsaam het, ons morsdood sou gery het.

Dieselfde geld by kruisings met verkeersligte. Die lig kan maar na rooi oorslaan, dit keer baie motoriste nie!

Baie motoriste dink dat wanneer hulle in ‘n voertuig is, hulle ‘untouchable’ is en nie in ‘n ongeluk kan sterf nie.

En ja, gewoonlik in dié situasies is daar geen verkeersman in sig nie!

Related Articles

Back to top button