Atlete hou naam hoog

Atlete van Tzaneen Marathon Club het Tzaneen se naam hoog gehou en aan die besondere en geskiedkundige 90ste Comrades Ultra Marathon op 31 Mei deelgeneem.

Met groot trots wil hulle dan aan die volgende atlete geluk wens met elk se prestasie. Hulle wil graag een atleet uitsonder, Derik Donkin wat 23 jaar gelede sy eerste Comrades Marathon voltooi het en vanjaar ‘n terugkeer gemaak het en sy tweede wedloop voltooi het.

Mag dit vir elk ‘n inspirasie wees en onthou daar is altyd hoop.

Soos hy dan ook tereg gesê het na die Comrades: “Comrades is not a race – it’s a journey”.

Aan elke atleet wat deelgeneem het ongeag of hy/sy die wedloop voltooi het of a g v mediese redes gedwing is om te ontrek, Tzaneen Marathon Club is voorwaar trots op elkeen van sy klublede.

So terloops vir die wat graag hul droom wil bewaarheid: Comrades Marathon 2016 vindvolgende jaar op 29 Mei plaas.

Hou in gedagte dat dit ‘n af wedloop gaan wees. Sluit by die klub aan en begin oefen. Dit is ‘n ervaring van ‘n leeftyd en wat jy nog vir baie lank sal onthou.

Hier is die atlete van die Tzaneen Marathon Klub wat aan die Comrades deelgeneem het.: Naam, tyd en aantal wedlope voltooi:

Stephen Madiye 7:33:25 (2), Thomas Van Der Meulen 9:14:30 (1) Novice, Leon Roode 9:26:41 (1) Novice, Nico Le Roux 9:46:21 (1) Novice, Paul Zaayman 9:51:31 (3), Derek Donkin 9:55:25 (2), Thoba Matsepane 9:56:00 (2), Sameul Ralepelle 10:17:36 (3), Johan Grobler 10:32:44 (1)

Sam Nkuna 10:34:02 (14), Mientjie Els 10:42:21 (11), Anel Swart 10:54:24 (1) Novice, Matome Rakhwale 10:54:24 (7), Edward Mathebula 11:26:24 (16), Johan Thiart 11:37:11 (5), Oupa Mathebula 11:37:11 (1), Timothy Shingwenyana 11:44:06 (3), Timothy Nkuna 11:44:07 (13), Martie Rudder 11:44:34 (1) Novice, Hertzog Landman 11:51:18 (1) Novice, Hanli Bovill 11:54:17 (3).

Novice beteken dat dit ‘n atleet se eerste keer is wat hy/sy die wedloop aanpak, sou hulle die wedloop voltooi en die daarop volgende jaar weer die wedloop suksesvol voltooi ontvang hulle ‘n ekstra medjale naamlik die “Back to Back” medalje.

Hierdie is die aansporing om nie net een keer deel te neem nie maar te werk vir daardie gesogte ekstra medalje.

Dan net namens die atlete ‘n woord van dank aan al die ondersteuners, familie en vriende wat elke atleet gedurende die voorbereidings tydperk en die dag van die wedloop aangemoedig het.

Ons as atlete waardeer dit opreg en sonder julle sou dit maar redelik doelloos gewees het, nou het elke ‘n tree ‘n rede gehad.

Nie net offer die atlete tyd op nie maar die familie en vriende moet baie keer maar agter in die ry staan vir ‘n bietjie aandag wanneer die hardlopers hul program volg.

Exit mobile version