Editor's choiceLocal newsNews

Oggend ‘engele’ gee Tzaneen se eie ‘engel,’ Melissa vlerke

Melissa Strydom het vanoggend die goeie nuus ontvang dat die Good Morning Angels span van Jakaranda FM haar finansieël gaan bystaan sodat haar seun Tommie 'n oor operasie kan ondergaan.

Strydom se seuntjie, Tommy (7) wat in gr2 is het ‘n ernstige gehoor probleem. Hy het ‘n gat in sy oordrom.

Sy het onlangs ‘n kwotasie by die Union hospitaal in Alberton gekry, en die bedrag vir die operasie beloop glo R27 000.

Sy beskik nie oor ‘n mediese fonds nie.

Volgens haar sou die Tzaneen Lions ‘n fondsinsameling van stapel stuur om te help om fondse te genereer vir sy operasie.

Maar ‘n niggie van haar, Christie Pithey het ‘n brief aan die radio program geskyf, en die Engele boodskap was spreekwoordelik teen die muur.

Riaan Davel van Davel, Van Rensburg en Matabane prokureurs firma dra R20 000 by tot die operasie.

Tommie Strydom kan nou sy oor operasie ondergaan.
Tommie Strydom kan nou sy oor operasie ondergaan.

En soos almal vir Melissa ken was daai uitbundige lag (in die geval lag van verbasing en blydskap) weer hoorbaar.

Riaan van Heerden en Dianne Brooderyk, aanbieders van die program het haar verder verras deur vir haar ‘n verdere R10 000 te skenk van die Good Morning Angfels fonds af.

‘Nou kan jy maar lekker lag,’ het Riaan aan haar gesê.

‘Julle is awesome,’ het Melissa gereageer.

Die ekstra R3 000 kan spandeer word aan petrol en tolgelde sowel as verblyf vir Melissa terwyl Tommie in die hospitaal is vir die operasie, het Dianne Brooderyk aan haar gesê.

Sy het aan Letaba Herald gesê, natuurlik weer met daai aansteeklike lag, dat: ‘Ek wil huil van dankbaarheid.’

Niemand verdien dit beter as Melissa en Tommie nie. Melissa is baie nou betrokke by liefdadigheids werk, en is altyd daar om die gemeenskap te help waar sy kan deur haar projekte wat sy loods.

Melissa, Tzaneen se gemeenskap sit nie net ‘n veer in jou hoed nie, maar klop jou ook op die skouer en salueer jou wat jy vir die gemeenskap beteken.

Sterkte aan Tommie en sy operasie.

Om na die klankgreep te luister, klik op: https://www.jacarandafm.com/post/shows/moms-call-help-heard-angels/

 

Related Articles

Back to top button