EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Hoedspruit Wildsfees vanjaar nog beter

Die baie gewilde jaarlikse Hoedspruit Wildsfees word weer op Vrydag, 26 en Saterdag 27 Junie by die Wildlife Estate op Blyde aangebied.

Vanjaar se program spog met van die land se top kunstenaars en vermaak vir die hele gesin. Dit is die 29ste keer dat die Hoedsp[ruit Wildfsfees aangebied word wat dit een van die oudste feeste in die land maak.

Die Wildsfees het oor die jare heelwat veranderings ondergaan en vanjaar gaan die veranderings selfs meer opmerklik wees.

‘n Sterbelaaide program sluit kunstenaars in soos Adam, wat die Ghoema-toekennings ingeryg het, Jesse Clegg, wat internasionaal bekend is, Irene-Louise van Wyk en dan natuurlik Martin Bester en Arod van Jacaranda FM, en Beste MTN Radio stasie toekening ontvangers, Dewald Dippenaar.

Daar is hierdie jaar ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies wat iets vir almal in die gesin bied.

Terwyl moeder die pragtige en interessante stalletjies besoek is daar tonne vermaak vir die jongspan, wat onder andere Buster die Brak insluit. Pa kan rustig sit en keel natmaak in die SAB Biertent. Voorwaar ‘n wen-wen geleentheid vir almal.

Soos in die verlede is daar ook die gewilde MTB Resies met verskillende afstande. Vir die nie so fikses is daar die Fun Run wat ‘n 5km of 10km roete deur die Blyde Wildlife Estate is. Die organiseerders wil graag alle besighede/boere/organisasies in die omgewing uitdaag om ‘n span vir die Fun Run in te skryf.

Die Hoedspruit Wildsfees komitee het ‘n “raffle” projek geloods waarvan alle winste aan ‘n Natuur Bewarings Oragnisasie in Hoedpruit geskenk sal word. Van die pryse wat gewen kan word is: R3 000 kontant, Suncatchers Lugballon rit, Hoedspruit Endengered Species Centre besoeke, Etes by van die top restaurante in Hoedspruit, Brandstof koopbewyse, Oakly sonbrille, ‘n Rooibok-jag en vele meer. Al wat jy hoef te doen is om ‘n R10 kaartjie te koop. Kaartjies is by enige van die komiteelede of by Hoedspruit Steers beskikbaar.

Hoedspruit Paws gaan weer hul Hondeskou en kompetisie aanbied wat baie aandag geniet het in 2014. Skryf nou al jou geliefde hondjie in en ondersteun hierdie wonderlike organisasie.

Vir meer inligting oor die kompetisies en die program besoek www.hoedspruitwildsfees.co.za

Related Articles

Back to top button