Local newsLocal sportNewsSport

Reuse oorwinning vir Letaba

Letaba se eerstespan het Saterdag 'n reuse oorwinning van 78 – 0 oor die Black Panthers behaal.

Letaba was heeltemal te sterk vir hulle teenstanders en was dit eenrigting verkeer.

Letaba het egter beindruk met die wyse waarop hulle struktuur behou het en nooit toegelaat het dat die wedstryd uitrafel nie.

In so ‘n eensydige wedstryd is al die spelers gewoonlik uitblinkers, maar moet daar tog melding gemaak word van agsteman, Quintin Kruger, wat soos ‘n renperd die veld vol gehardloop het en 4 drieë gedruk en ook sy laaste drie self vervyf het.

Hy is goed ondersteun deur Glen Mafumo met 2 drieë. Eben Fichardt, Henke Niemand, Gom Bvuma, Danie Erasmus, Albert Seegers en Joseph Monyela het elk ook ‘n drie gedruk. Leroy Ndlovu en Marno Bezuidenhout was warm met die skopskoen en het hulle heelwat van die drieë vervyf.

Ongelukkig het die tweede- en derdespanne punte gestuur en het Letaba se tweede- en derdespanne ‘n vriendskaplike wedstryd teen ‘n ontwikkelingsspan van Ritavi gespeel. Hulle het ook ver gewen, maar die skeidsregter het ongelukkig nie telling gehou nie.

Letaba speel die naweek weg met drie spanne teen Louis Trichardt en dit is sekerlik die belangrikste wedstryde van die jaar, want as Letaba se eerstespan wen, kan Letaba ‘n tuis semifinaal speel.

‘n Tuis semifinaal het in jare nog nie plaas gevind nie en is daar derhalwe baie op die spel vir die manne vir Letaba hierdie naweek.

Related Articles

Back to top button