Editor's noteLocal newsNews

Oorlog teen smouse

Verskeie rolspelers het Maandag vergader om die ewige en frustrerende smous-probleem hok te slaan en daar is oorlog verklaar.

Verskeie rolspelers het Maandag vergader om die ewige en frustrerende smous-probleem hok te slaan en daar is oorlog verklaar.

Daar is reeds soveel keer in die verlede gepoog om die probleem aan te spreek en die smouse te verwyder, maar sonder sukses.

Hulle keer telkens terug ten spyte van die feit dat daar geen verkeerstekens is wat smous en of stilhou verbied.

Verskeie plekke waar smouse hulle ware verkoop hou ‘n reuse ongeluksrisiko in.

Die komende oorlog word dus in ‘n baie positiewe lig beskou.

Dit wil voorkom of die ongeluksyfer op ons plaaslike paaie drasties aan die styg is, veral as mens kyk na die hoeveelheid gedurende die laaste week van Mei.

Spoed speel beslis hier ‘n rol, maar bitter min spoedlokvalle word buite die dorp gestel. Hier is motoriste wat van die Lydenburgpad gebruik maak, baie skuldig.

Goeie nuus is die aanstelling van Pierre van den Heever as waarnemende munisipale bestuurder Maandag deur die Groter Tzaneen Munisipaliteit se raad.

Sy doelwit is om munisipale werkers te verenig deur dieselfde doel nl om kwaliteit diens aan die gemeenskap te lewer.

Pierre word sterkte toegewens met die groot taak.

Related Articles

Back to top button