LettersLocal newsNewsOpinion

Pluimpie in bewakers se hoed

GERT Nel van Tzaneen skryf:

Dit was met groot trots dat ek op Letaba Herald se webtuiste gelees het van die voortvlugtende motordief wat vasgetrek is in Tzaneen in die vroeë oggendure van Sondag.

Nie net kan mens die Plaaswag van Hoedspruit salueer nie, maar ook Northern Sekuriteit.

Mens kan regtig met ‘n geruste hart weet dat daar nog regtig mense in ons samelewing is wat sal sorg dat geregtigheid sal seëvier.

Om te dink dat die Plaaswag van Hoedspruit selfs hulle lewe op die spel geplaas het om die verdagte in ‘n jaagtog al die pad van Hoedspruit af agterna te sit om hom vas te trek.

Mense soos lede van Northern Sekuriteit en die Plaaswag van Hoedspuit kan gerus ‘n veer in hulle hoede steek.

Ek salueer julle!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button