Editor's choiceLocal newsNews

Woede in wildbedryf na verbod op jagvrag vervoer

Wildboere in die omgewing het sterk reageer op die besluit van SAL en ander internasionale lugrederye om nie meer jagterstrofeë (jagvrag) te vervoer nie.

Die reaksie kom nadat SAL in April ‘n verbod op die vervoer op jagvrag (bv trofeë en velle) geplaas het. Die besluit is deur verskeie bewarings instansies onderskryf terwyl ander rolspelers dit sterk veroordeel het.

Agri Limpopo meen dat dié besluit van die SAL op ‘n verkeerde tyd vir die jagbedryf in die omgwing en ook Suid Afrika kom, aangesien die jagseisoen so pas begin het.

‘Ons land en spesifiek die jagbedryf steun swaar om inkomste wat deur internasionale jagters wat plaaslike wildsplase besoek, gegenereer word. Dié afdeling van die bedryf ondersteun werkskepping, die bestuur van wildgetalle en die diversiteit van ons bedryf,’ sê Pieter Vorster, vise president van Agri Limpopo en self ‘n wildboer in die Gravelotte omgewing.

‘Die veelvoudige impak van besteding deur buitelandse jagters kan nie geignoreer word wanneer die negatiewe impak op ons ekonomie deur besluite soos dié van die SAL in geldwaarde omgereken word nie.’

Agri Limpopo glo dat wanneer rederye besluite soos dié neem, hulle eers in gesprek moes tree met verskeie rolspelers in die jag- en gasvryheidsbedryf wat daardeur geraak sal word, om sodoende die besluit te motiveer.

Die SAL se motivering dat die besluit onwettige handel in bedreigde spesies sal beperk, is om ‘n situasie te vereenvoudig, volgens Agri Limpopo.

“Ons waardeer die gewilligheid van die rederye om by te dra tot oplossings vir bg probleme, maar dit is nie in die hande van die rederye of enige ander vervoerorganisasies van jagvrag, om sake op te los nie. Dit moet deur rolspelers soos PHASA, WRSA, Chasa, departemente van omgewingsake en gespesialiseerde polisie eenhede hanteer word,’ sê Vorster.

Hy steek ‘n hand van vriendskap uit na dié organisasies, voeg Vorster by. ‘As georganiseerde landbou sal ons hande vat met dié rolspelers om die belange van ons lede te dien asook die van die bedrywe wat deur die besluit geraak word. Dit is tot voordeel van ons land dat daar samewerking is om ‘n volhoubare oplossing vir stropery en die onwettige handel in bedriegde spesies te vind. Nie deur die negatiewe impak op wettige jag en toerisme wat dié besluit beslis sal hê nie.’

Related Articles

Back to top button