Herfsblare maak nader kennis met wilde diere

Die Herfsblare se bejaardegroep het weer hulle maandelikse byeenkoms gehou.

Vir April maand was dit ‘n uistappie na Letaba River Lodge op 22 April.

Daar was baie moeite gedoen om dit vir die groep baie spesiaal te maak deur Wouter Pretorius en Isobel Iveson.

Wouter het ‘n leersame praatjie aangebied en ook diere nader aan die bejaardes gebring wat nie mobiel was en tussen die hokke kon deur beweeg nie.

Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ieder en elk wat nog nooit so intens met diere in aanraking gekom het nie.

Isobel het die moeite gedoen met al die reëlings wat alles flink laat verloop het.

Die Herfsblare wil hulle dank uitspreek aan die Letaba River Lodge sowel as die personeel wat dit vir hulle moontlik gemaak het.

Hulle wil persoonlik almal aanbeveel om Letaba River Lodge te besoek en ‘n dag daar te gaan spandeer.

 

Exit mobile version