Editor's choiceLocal newsNews

Tandem naweek in Tzaneen

Die afgelope naweek se Tandem gebeurtenis was geniet deur talle avontuurlustiges.

Bosman Kruger was die organiseerder en is ‘n sport skydiver.

‘Aan die begin van die jaar het ek na die soveelste navraag besluit om ‘n tandem naweek hier in Tzaneen te reël,’ vertel hy.

Skydive Parys was bereid en hetdie beste tarief aangebied en so het die reelings begin.

Hulle is Vrydag dou voor dag uit die Vrystaat uit Tzaneen toe.

‘Ons het Vrydag van 14:00 tot donker gespring. Saterdag van eerste lig tot laaste lig en Sondag het ek alle besprekings verder gestaak, wat ons in elke geval laat spring het van eerste lig tot 15:00,’ sê Bosman.

Daar is 46 Tzaneeners vir tandems gevat. In totaal het hulle 3 dames ouer as 60 en 1 dame van 84 laat spring.

Die jongste springer was 11 en dan het hulle 1 Laerskool Tzaneen, 1 Dr Anecke,1 Unicorn, 2 Merensky en 7 Vossie leerlinge laat spring.

Almal het van 10 000ft gespring rondom 40 sekondes teen 220km/h geval van ‘n Cessna 206 af.

Daar was geen beserings gewees nie, nie eens ‘n skraap of ‘n lammie nie.

Hierdie naweek sou nie kon gebeur sonder die hulp en bystand van die Letaba Vliegklub(Tienie Prinsloo en Pieter Gouws) en Wings over Africa (Dickie Maritz) nie.

Bosman beplan weer so ‘n naweek vir die einde JulEie of Augustus 2015. Navrae en besprekings kan op tandemtzaneen@gmail.com gedoen word.

Related Articles

Back to top button