Maak gereed vir Magoebaskloof MTB

DIT is weer tyd vir die Miami Magoebaskloof MTB Challenge.

Dit sal plaasvind op 30 Mei.

Tzaneen Cycling bied vir die 6de jaar die Miami Magoebaskloof MTB aan, te Merensky Hoërskool.

Dit gaan ‘n dag wees vol pret van jonk tot oud. Die dag sluit die volgende in:

My Spar 15km pret rit.

40km MTB half Marathon- Limpopo kwalifiseerder.

70km MTB marathon–Limpopo kwalifiseerder.

Daar is ‘goody bags’ vir die eerste 250 inskrywings.

Kinder vermaak–Gesigverf, springkastele, inkleur kompetisies, skattejag

Junior uitdaging-Om die rugbyveld vir die kleiner kinders en kleuters

Biertent, kosverkope en ‘n snoepie.

Ambulans dienste.

R20 000 prysgeld te wen asook gelukkige trekkings sal aan die orde van die dag wees.

Skakel Dorothy op 083 265 0844 of info@tzaneencycling.co.za vir meer inligting of gaan skryf in op hule nuwe webtuiste: www.tzaneencycling.co.za

Exit mobile version