Kinders word met geweld groot

'Reverence for life affords me my fundamental principle of morality,namely that good consists in maintaining,assisting,and enhancing life and that to destroy,to harm or to hinder life, is evil.' Albert Schweitzer.

Vir die soveelste keer lees ek van die moord op ‘n nege jarige dogtertjie.

Oor die moontlike redes waarom sy vermoor is, wil ek nie eens begin om te spekuleer nie. (No bail for minor ‘s killer. Letaba Herald April,3)

In ‘n ander koerant skree die voorblad Kids set on fire.

Dan word vertel dat die tieners genadeloos deur die gemeenskap geslaan en met klippe gegooi is omdat hulle ‘n 30 jarige man op byna dieselfde manier doodgeslaan het.

Daarna is n tiener gedwing om petrol oor hulle uit te gooi en is hulle daarna aan die brand gesteek.

Ouderdomme wissel tussen 19,17,15.

Neffens die eersgenoemde berig in Letaba Herald is ‘n ander Double murder bail hearing postphoned.

Die ouderdom van die beskuldigde van n dubbele moord is 35.

Op die voorblad van Letaba Herald word vertel van gewapende rowers wat ‘n man se oor met met ‘n tang in twee geskeur het en sy vrou hard in die gesig geslaan het.

Sou dit nie wonderlik wees om kinders klein na ‘n afgesonderde eiland te neem en hulle daar groot te maak en respek vir alle vorme van lewe, het sy plant of dier of insek te leer nie en hulle weg te hou van die invloede van volwassenes nie?

Kinders groei op in gewelddadige samelewings waar hulle elke dag vernietiging waarneem waar daar geen respek vir ander of hul eiendom is nie. Hulle sien die gruwelikheid van muti moorde.

‘n Dogtertjie se lewe is niks werd as n desperate HIV man die raat van ‘n toordokter volg om n jong maagd te verkrag om hom sodoende te genees nie.

Hoe gaan ons hierdie verskriklike selfvernietiging stop?

Exit mobile version