Local newsNews

Nglovu wen halwe bees met vis

DIE NG Kerk Laeveld van Duiwelskloof het op 21 Maart weer 'n suksesvolle visvang kompetisie aangebied by Manyelaandam te Mooketsi.

Groot pryse was op die spel vir die hengelaars wat die grootste kurpers kon vang. Talle hengelaars het deelgeneem en vangste was oor die algemeen klein, maar daar is wel ‘n paar mooi kurpers skaal toe gebring.

Die swaarste kurper, wat as wenprys ‘n halwe bees gewen het was, Richard Nglovu, 2de plek, Edward Thatla en in die 3de plek Johannes Malatjie.

Die NG Kerk Laeveld wil hiermee dan ook al die borge, hengelaars en organiseerders bedank vir hulle borgskappe, insette en deelname:

Bertie van Zyl (Edms) BPK, Hennie Kleinhans, Theo Dicke, Robbie Schoeman, Trophy Motors, Lannie Motors, Universal Palette, PPS, Northern Timbers, Falcon Wood, Park Slaghuis, Paint Pot, Midas, Aventura Eiland Spar, Johan Kleynhans, Willie Swanepoel, Agri Box, Boulevard Cycles, Radio Centre, Katope, Mowana Game Farm, Modjadji Spar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button