LettersLocal newsNewsOpinion

Hulle sê baie baie dankie

Fritz en Marinda de Beer van Tzaneen, skryf:

Ek werk al vir jare elke dag met pasiënte en betoon my empatie deur aanmoediging, drukkies, moed inpraat en ‘n glimlag, (eintlik kekkelaggie van my …)

Ek het nooit besef wat dit regtig vir mense kan beteken totdat my kinders albei baie ernstig siek geword het nie.

Fritz en ek het nie woorde om een en elkeen te bedank vir die belangstelling en omgee tydens Jomari en Christiaan se malaria en breinvliesonsteking nie.

Die tyd in hoësorg was vir ons onseker en vol kommer. Omdat Jomari in afsondering was, kon ons nie regtig ‘kontak’ hê met almal nie.

Maar die omgee van almal het ons bereik deur sms’e, boodskappe, selfs vreemdes met gebedsgroepe oor die hele land.

Toe Christiaan opgeneem word, was ons regtig plat geslaan.

Ons as gesin wil elkeen bedank wat ons deur hierdie tyd gedra het. Ons kan niemand uitsonder nie, want letterlik almal was daar vir ons en daarom wil ons deur middel van die briefie vir elkeen uit ons harte uit sê: Baie dankie.

Alle eer aan die Here wat ons in die tyd gedra het en weer eens laat besef het hoe afhanklik ons van Hom is…

Related Articles

Back to top button