Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSport

Letaba kry groot pak op Loftus

Letab se eerstespan het hierdie naweek in die Assupol finaal teen Northam te staan gekom en het hulle, hulle swakste wedstryd in die laaste paar jaar ooit gespeel.

Die span was lusteloos en die verdediging was skokkend en bittermin spelers het enige vasberadenheid gewys en was hulle slegs in liggaam op die veld.

Letaba het vroeg voorgeloop met ‘n strafskop van Gom Bvuma en is dit asof die span daarna net gewag het vir die eindfluitjie om te blaas.

Northam het by hulle spelpatroon gehou en Letaba het glad nie skoongemaak by die losgemale nie.

Die voorspelers in het die agterlyn gelê om soos senters te wil hardloop.

Die agterlynspelers het een of ander onbekende wedstrydplan gevolg deur elke bal te probeer skop en of suinig te speel. Letaba het ‘n liederlike pakslae van 33 – 3 op die lyf geloop. Die kanse was daar om drieë te druk, maar met suinige spel en swak aangee is talle kanse verbrou.

Glen Mafumo was die uitsondering en het sy lyf op die spel geplaas.

As daar net nog drie spelers was wat dieselfde toegewydheid gewys het, was die uitslag dalk anders.

Letaba sal vinnig moet reg ruk want hulle speel Saterdag tuis teen die baie sterk span van Nelspruit.

Letaba 1 en 2 speel 15:00 en 16:30 onderskeidelik en word hulle ondersteuners vriendelik uitgenooi om die manne in groen te gaan ondersteun en aan te moedig om hulle brouwerk van die afgelope naweek reg te maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button