LettersLocal newsNewsOpinion

Meer chaos as ooit by Minitzani kruising

Padgebruiker van Tzaneen skryf:

Vir jare reeds neem ek soggens my kinders per motor skool toe en moet ek via die vierrigting-stop by Minitzani ry.

Vir jare was daar maar ‘n effense opponthoud, maar nooit van so ‘n aard dat dit ‘n mens irriteer of merkbaar laat maak nie.

Deesdae is daar skeilik ‘n verkeersman by die kruising wat puntdiens doen en dis chaos!

Ons wag nou langer as ooit en die verkeer vloei glad nie.

Hoekom is hy daar? Al moontlike rede kan wees omdat dit ‘n paar rand oortyd vir hom beteken.

Hy dra niks by tot verkeersvloei nie en veroorsaak net opeenhopings en vertragings.

Van oortyd gepraat .. .is dit nie opmerklik nie hoeveel verkeersmanne Sondagoggend in die dorp aan diens is.

Daar is bitter min verkeer en almal ry baie rustig. Dis egter dubbeltyd vir die manne in uniform!

Kyk of jy een van hulle op ‘n Vrydagmiddag – en veral oor die einde van die maand – aan diens sien.

Dan ry die taxis soos maniakke, stoptekens word geignoreer en sperstrepe beteken niks.

Dis wanneer dit regtig lewensgevaarlik is om in die dorp en paaie om die dorp te wees.

Waar is ons geagte verkeersmanne dan?

Kan iemand verduidelik?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button