Die Vossie atlete het puik presteer met 4 goue, 5 silwer- en 3 bronsmedaljes.
Twee rekords is verbeter.
Die uitslae was soos volg:
Meisies: Joan Nel D 0/15 spiesgooi: 3de – bronsmedalje. Diketso Manyama D 0/17 hoogspring: 1ste goue medalje en verspring: 4de plek. Lara Schutte D 0/17 400m: 2de silwermedalje; 800m: 3de bronsmedalje.
Carmen Botha D 0/19 400mH : 1ste – goue medalje; 100mH: 2de – silwermedalje; hoogspring: 2de – silwermedalje.
Seuns: Jaco De La Rey S 0/15 spiesgooi: 4de plek. Marthinus Grobler S 0/15: 100mH: 4de plek. Emile Kruger S 0/15 spiesgooi: 1ste, goue medalje, nuwe rekord. Lehlongonolo Molepo S 0/15 diskus: 2de – silwermedalje. Niaan Taljaard S 0/15 diskus: 2de silwermedalje; gewigstoot: 1ste, goue medalje, nuwe rekord.
Laborious Bopape S 0/17 diskus: 5de plek. Thato Mashokoa S 0/19 driesprong: 4de plek.
Die finale uitslag om te bepaal wie van dié atlete kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap 2015, is teen druktyd nog nie ontvang nie.